
Matching family tree profiles for Pieter Mattheus Kruger le Roux, a2b2c3d10e5f2g10h2
Immediate Family
-
daughter
-
Private Userchild
-
Private Userchild
-
sister
About Pieter Mattheus Kruger le Roux, a2b2c3d10e5f2g10h2
Pieter Mattheus Kruger le Roux is gebore op die familieplaas, Doornkraal, De Rust. Die familiename is Pieter Mattheus, maar a.g.v. sy pa se bewondering vir Paul Kruger, word Kruger bygevoeg. Hy word PK genoem en het die bynaam Piet Blackie n.a.v. sy blas vel. Hy matrikuleer (± 1921) aan die hoërskool in George, nou bekend as Hoërskool Outeniqua. Gaan studeer (± 1922) aan die Universiteit van Stellenbosch en loseer in Wilgenhof (koshuis). As gevolg van droogte en die depressie gaan hy aan die einde van sy eerste jaar (wat hy goed geslaag het) plaas toe om sy pa te help met die boerdery. In 1928 trou hy met Emily Hobouse (Hobbie) Schoeman van De Rust.
1934/1935: reël hy 'n besoek van 20 Engelse boere aan Oudtshoorn en omgewing.
April 1942: Tussenverkiesing op Riversdal. Na die dood van At Badenhorst (NP-LV) staan hy as NP LV- kandidaat teen Dr Van Zyl van Riversdal. PK wen met 1023 stemme.
1943: Algemene Verkiesing. Staan as NP-kandidaat vs Maj. Piet van der Bijl op Bredasdorp. Verloor en is uit die parlement.
1948: Na die oorlog. Wen as NP-kandidaat vir Victoria-Wes vs Conner.
1952: Algemene Verkiesing. Word verkies as NP LV-kandidaat vir Oudtshoorn. Ook verkies tot Hoofsweep van die NP. Vandaar sy seun se bynaam Swepie.
1958 - 1966: Minister van Landbou, Minster van Landbou-tegniese Dienste en Waterwese. Gedurende hierdie tyd word met 16 - 18 verskillende waterskemas in die land begin, waarvan die Oranjerivier-skema die grootste was.
1967 - 1972: Minister van Binnelandse Sake. Bedank in 1972, maar bly aan as NP-LV tot met uittrede in 1978.
Pieter Mattheus Kruger le Roux, a2b2c3d10e5f2g10h2's Timeline
1904 |
November 11, 1904
|
Doornkraal, De Rust, Wes-Kaap, South Africa
|
|
1929 |
April 6, 1929
|
Outshoorn/De Rust, SA, Cape Province, South Africa
|
|
1985 |
June 23, 1985
Age 80
|
Wilderness, WC, South Africa
|
|
June 1985
Age 80
|
Doornkraal, De Rust, Wes-Kaap, South Africa
|